GEMEENTEFEES

Deur : Skriba  /  October 20th, 2014

Nou is ons in die laaste week voor die Gemeentefees en besig met die versamel van alles wat aangebied gaan word.  Bid dat hierdie proses van insamel van produkte en geld ook ‘n vreugde sal wees.  Bid vir die vervoer van die wildsvleis vanaf Middelburg, vir die aankoop van ‘n verskeidenheid items, vir die voorbereiding van alles wat te ete aangebied sal word en vra soos vorige jare vir ‘n mooiweersdag.  “Dit gaan vir my egter nie om die gawe nie, maar om die vrug daarvan:  daardeur word julleself ryker.”  Fil 4:17

In die Nuus