Gevangenes
Deur : Skriba / March 3rd, 2015
Waar bendes in tronke regeer kom ekstreme geweld voor. Bid asb dat bende-aktiwiteite in tronke uitgeroei word. Bid dat sterk leiers in tronke na vore sal kom om leiding te neem en die gety sal draai.
”Die Here is my rots, my skuilplek en my redder, my God, my rots, by wie ek veilig skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting, my toevlug en my bevryder. Van geweld het U my verlos”. 2 Sam 22:2 en 3