HERVORMINGSONDAG
Deur : Skriba / October 30th, 2011
By hierdie gesinsdiens loof ons die Here oor die geleentheid wat die Hervormers vir ons en ons kinders gebring het om die Bybel as God se woord te kan ken. Dank Hom vir hierdie ontsaglike voorreg en vra dat sy Woord ‘n pad sal oopbreek na die harte van hulle wat nog nie glo nie. “Maak die tempelpoort vir my oop; ek wil ingaan en die Here loof. Dit is die poort na die Here toe; regverdiges mag daardeur ingaan.” Ps 118:19 & 20