KINDERHUISE
Deur : Skriba / May 8th, 2013
Ons beleef dat kinderhuise (versorgingsoorde vir kinders) al minder finansiële ondersteuning van die staat ontvang te midde van die feit dat die aantal sorgbehoewende kinders drasties groei. Die gemiddelde verstandelike vermoë van die staatstoegewysde kinders daal omdat verwagtende vroue dwelm- en drankverslaaf is. Dit verhoog die las van versorgingsoorde geweldig – die gevolg – opnames (aantal) word beperk. Ons vra u voorbidding vir die netelige dog uiters ernstige saak. “So het die Here die Almagtige gesê: Laat reg geskied aan almal, bewys liefde en barmhartigheid aan mekaar; moenie die weduwee en die weeskind, die vreemdeling en die arme verdruk nie; …….: Sag 7:9