Kinders in nood
Deur : Skriba / June 15th, 2015
Ons hoor gereeld van kinders in nood in ons gemeenskap en bedieninge wat onder hulle werk. Marriëtte werk in Lukhanyo, die 150 kinders in die Huis Andrew Murray val hieronder, Ma’s vir Wellington sorg vir groot getalle, Edmund werk op die plase en vele meer. Kom ons bid vir die werk en vra die Here om hulle te seën soos Hy dit self gedoen het toe Hy op aarde was. “Staan dwarsdeur die nag op en roep, …..strek jou hande uit en bid om die lewe van jou kinders, hulle wat van honger beswyk op die hoeke van strate”. Klaag. 2:19