KLEIN BESIGHEDE
Deur : Skriba / August 14th, 2012
Dit is ‘n feit dat klein besighede in stram ekonomiese omstandighede dit moeiliker vind om te oorleef as groter besighede. Kom ons bid vir die klein besighede waarvan daar ‘n groot aantal in Wellington is, dat hulle praktiese maniere sal vind om kontantvloei te bestuur en in hierdie tye te oorleef. Vra die Here om gelowiges so te ondersteun dat sy Naam die eer sal kry. “Die Here sorg vir die opregtes en luister na hul hulpgeroep.” 1 Pet 3:12