KOREA (NOORDE EN SUIDE)
Deur : Skriba / February 21st, 2013
Dit gaan baie sleg met Christene in Noord-Korea en veral dié wat na China toe vlug en betrap word. Christene in China wat hierdie vlugtelinge huis-ves, word ook vervolg. Bid asb vir die voedselsituasie in Noord-Korea – bid vir die veilige aflewering van kos aan Christene. Bid dat die vervolgers deur die liefde van Christene tot geloof in Jesus Christus sal kom. “Daar kom ‘n tyd dat die berg waarop die huis van die Here is, ‘n blywende plek sal hê ……… nasies sal sê: Kom laat ons optrek na die berg van die Here toe!” Miga 4:1 & 2