MIDDELAFHANKLIKHEID
Deur : Skriba / February 21st, 2012
Opskrif in Die Burger: “Wes-Kaap vrot van dwelms” en dan volg die nuus dat die polisie in 22 maande se tyd meer as R5 miljard (dit is vyfduisend miljoen) se waarde aan dwelms konfiskeer het. Luister ons na die ondersteuningsgroep van die Breakthrough gemeente, dan kry die statistiek meer skrikwekkende betekenis. Kom ons bid teen hierdie euwel wat die hele gemeenskap besmet. “Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.” Ps 23:4