MIRIAM
Deur : Skriba / July 29th, 2014
Miriam is terug by die huis en is besig om haar voor te berei vir die volgende fase van opleiding van werkers in sensitiewe gebiede. Bid saam met haar dat sy vreugde sal vind in die werk van die Here en dat sy die leiding van die Heilige Gees duidelik sal ervaar. Bid vir die persone wat deur haar werk tot geloof in Jesus Christus kom dat hulle die bystand van gelowiges sal ervaar en standvastig sal bly. “Ek is die Here, dit is my Naam, die eer wat My toekom, gee Ek aan geen ander nie, die lof wat My toekom, gee Ek nie aan gesnede beelde nie!” Jes 42:8