NOORD-KOREA, STEEDS NO 1
Deur : Skriba / November 13th, 2013
Die vervolging van Christene in Noord-Korea is steeds die ergste ter wêreld. Minstens 25% van alle Christene is in strafkampe – vanwaar hulle nooit terugkeer nie. Bykans 10 miljoen mense is ondervoed en leef van gras en boombas. Talle huiskerke in aangrensende China gee beskerming aan vlugtelinge, maar daar word hulle ook uitgehaal en gedeporteer terug na Noord-Korea. Bid vir die redding van die leierskorps in die regering en die gods-dienspolisie. Bid vir die Heer se krag en vertroosting vir Christene in strafkampe. “Maar die Trooster, die Heilige Gees, sal julle herinner aan alles wat Ek gesê het.” Joh 14:26