NOORD- KOREA

Deur : Skriba  /  October 25th, 2012

Die verskil tussen die godsdiensoefening in Noord-Korea en ander geslote lande is dat Christene in Noord-Korea aktief vervolg word.  Vroue en kinders word gemartel, doodgemaak, maar die ergste is waarskynlik die onmenslike strafkampe – skrikwekkend om net daaraan te dink.  Te midde hiervan vra gelowiges dat ons net  sal bid vir krag om in die verdrukking sterk te staan en nie Jesus te verloën nie.  Kom ons pleit by die Here vir die beskerming van gelowiges in Noord-Korea en vir krag deur die werking van die Heilige Gees.  “ …….. waar die Gees van die Here is, is daar Vryheid.”  2 Kor 3:17

In die Nuus