Onderwys
Deur : Skriba / January 10th, 2016
Die onderwys het 2015 chaoties afgesluit en die onbeskryflike ontwrigting wat ons jongmense en doserende personeel moes verduur, sal lank onthou word. Kom ons begin die nuwe studiejaar op ons knieë en vra die Here om rustigheid te bring op kampusse en in die strate. Kom ons bid dat die regering saam met die Dept van Onderwys prioriteite sal bepaal vir die finansiering van opleiding en dat die verkwisting van skaars hulpbronne (geld en ander) sal staak. Daar is sekere dinge wat meer belangrik is as die gemak van individue.
“Mense wat opreg lewe geniet die guns van God”. Spr 14:9
“ ’n Verstandige mens is op soek na kennis”. Spr 15:14