Onrus
Deur : Skriba / October 20th, 2011
Ons het weer bewus geraak dat lande in die Midde-Ooste en Noord-Afrika ‘n baie moeilike tyd betree. Onrus en onstabiliteit is steeds aan die orde van die dag. Diktatorskappe is wel beëindig, maar mense en lewensverliese vind nog steeds plaas op groot skaal. Ons hoor van Christene wat swaar lewe in lande soos Egipte, Tunisië en Libië. Bid asb vandag vir hulle in die stormagtige tye. Ons bid ook vir die belangrike sendingwerk wat gedoen word in moeilike omstandighede. Psalm 18:2-4