Openbare Getuienis
Deur : Skriba / March 26th, 2015
Ons het by verskeie geleenthede gedagtes gewissel oor die Kerk van Christus se getuienis in die openbaar. Oor die saak moet ons maar voor die Here kniel en vra vir ’n nuwe toewyding en gehoorsaamheid om as dissipels van Christus te lewe. Die Here vra in Jes 58 “Is dit nie dat jy vir die wat honger is, van jou brood gee, dat jy aan die armes en dakloses ’n blyplek gee, dat jy aan iemand sonder klere …….. , dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie?”