SENTRAAL AFRIKA
Deur : Skriba / September 15th, 2011
Iewers in Sentraal Afrika word talle kinders doodgemaak weens handel in menslike organe. Baie geld is hierby betrokke en Christene en Moslems is in konflik, omdat een die ander beskuldig vir die misdaad. Bid asb dat die Almagtige Vader op grond van sy liefde vir mense, hier sal ingryp sodat die handel in menslike organe ontbloot en verban sal word. Bid ook vir vrede tussen Christene en Moslems. “Vir die Here is dit maar iets gering om te doen.” 2 Kon 3:18