VERVOLGDE KERK (LIBIë)
Deur : Skriba / October 31st, 2013
Bid vir groter stabiliteit in die land. Onrus, wat deur die burgermagte veroorsaak word, heers tans in die samelewing en gelowiges leef in vrees. Mag gelowiges, ten spyte van dié omstandighede, meer as tevore bewus wees van die Vader se liefde vir hulle. Bid vir die buitelandse gelowiges wat in Libië woon en werk. Bid dat die liefde van Jesus deur hul lewenswyse sal skyn en baie Libiërs se lewens daardeur geraak sal word. “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie: Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!” Jer 29:11