VREDE IN DIE WERKPLEK

Deur : Skriba  /  September 5th, 2012

Tye is moeilik en werkgewers sukkel om die looneise van werknemers te ontmoet.  Die Lonmin fiasko kan ons land nie bekostig nie.  Vra die Here om kanale te skep vir kommunikasie tussen die verskillende partye en dat begrip wedersyds sal groei.  Bid vir die families wat geliefdes verloor het en dié wat ernstig beseer is.  Vra dat die Here deur sy Gees vrede in die werkplek sal bring ook op die plekke waar die konflik nie so nuuswaardig is nie.  “Ek sal hulle lot verander, sê die Here.”  Jer 32:44(b)

40 DAE TEKS VIR WOENSDAG – Mark 1:25

In die Nuus