Auto Draft

Deur : Skriba  /  October 23rd, 2011

VERKOSE KERKRAADSLEDE 2011 – 2012:

Ouderlinge:

Wyk 10                         –           Bertie Niemand

Uitsig-Noord               –           Matie le Roux

Diakens:

Les Huguenots B      –           Reinier van Zyl

 

VERLOF – DS JAN:  Ds Jan is met verlof tot Sondag 13 November.  Skakel asb met ds NJ gedurende hierdie tyd.

 

VROUE GROEPSBYEENKOMSTE:  Alle groepe vergader asb Dinsdag 1 November.

 

KERKKANTOOR GESLUIT:  Die kerkkantoor sal Woensdag 26 Okt gesluit wees v/a 14:30 tot 15:30 agv dorp se gesamentlike kalenderbeplanning.

 

KINDERKAMP:  Ons Survivor Kinderkamp was ‘n groot sukses met 55 klein lyfies en ‘n dosyn tente wat die Oos-eiland vol gestaan het.  Ons leuse was “Ons is meer as oorwinnaars in Jesus Christus”.  Hou die Familienuus dop vir al die nuus en foto’s.  Dankie aan elke ouer wat sy/haar kind die geleentheid gebied het.  Ons bedank die hele Survivor “crew” vir julle groot hulp!   Eben & Eunice Erasmus, Amanda, Jo-Mari & Jozef de Beer en Heidi Kotze.  Julle is goud werd!

 

KINDERKERK:  Ouers moet asb solank die bywoningseël saam met u kind stuur met die oog op die einde van die jaar.

 

WEBWERF:  Kyk gerus by www.wellingtonoos.co.za wat in die gemeente gebeur.

 

MEDIESE HULPFONDSE:  Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

BASAAR:  Dankie vir u bydraes en ondersteuning. Kom ons maak dit ‘n fees tot eer van die Here.

 

GEMEENTEKONSERT:  Mariëtte van Velden is die organiseerder.  Skakel asb met haar by 021 873 2967 / 079 881 6861 indien u ‘n item het om te lewer.

 

BASAAR ONTBYT:  Kaartjies is nou by die kerkkantoor beskikbaar @ R40-00 elk.

 

BASAAR MANNETAFEL:  Indien u goeie, bruikbare items het, bring dit asb na die kerkkantoor of na Hennie Engelbrecht  021 864 1799 / 082 562 3950 (Fouriestraat 6) of na Nico van Zyl  021 873 4559 / 084 619 5507 (Dorisrylaan 49).  Hennie en Nico is ook bereid om dit by u huis te kom haal – skakel hulle gerus.

 

BASAAR POEDINGTAFEL:  Benodig asb hande/hulp vir die skep van poeding Saterdagoggend van 07:00 – 09:00/09:00-11:00.  Die poeding kan reeds Vrydagaand tussen18:00en21:00in die kerkkombuis se yskas gebêre word.  Kontak asb Veronica Basson 021 864 8600 (W)  / 021 864 3895 (H) of 084 664 3895.

 

BASAAR KAFEE:  Skakel asb Obie Prins 021 864 3253 / 082 566 7867 indien iemand kan help met die bak van jaffles op die dag van die basaar.

 

HANDGEMAAKTE KNIPMES:  Maak ‘n aanbod vir ‘n handgemaakte knipmes met ‘n blouhout hef deur Koos Grobbelaar.  Die hoogste bieër kry die mes.

 

FAMILIENUUS KWARTAALBLAD:  Artikels vir die laaste kwartaal se Familienuus kan weer aan Christa van Rooyen of die kerkkantoor gestuur word voor Maandag 24 Oktober. Christa se epos adres is christa@safj.co.za en telnrs 021 864 1644 (h) / 084 948 1644.

 

NOODKAS:  Baie dankie aan almal wat so gereeld en ruim bydra.  Ons voorraad is tans min en enige bydrae is baie welkom.  Items wat baie nodig is:  mieliemeel, melk, hoender, konfyt, oats, suiker, koffie, pakkies sop, beef, grondboontjiebotter, marmite, tandepasta, toiletpapier, waspoeier, skeerroom, “roll-on” en shampoo.

 

MANNEBYBELSTUDIEGROEP:  Almal wat belangstel in ‘n mannebybelstudiegroep op ‘n weeksaand, skakel asb vir Buks Oberholzer 082 377 7705 of ds NJ.

 

CV’S:  Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS:  Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

INLIGTINGSESSIE VIR NUWE LIDMATE EN INTREKKERS GEDURENDE 2011:  Op 2 November om 19:00 in Die Sentrum.  Ons wil u almal graag daar hê sodat u die leierspan en mekaar kan ontmoet.

 

DS RIEKERT BOTHA VAN RSG:  Ds Riekert preek op die oggend van 6 November by ons en sal ook by die Koffiekroeg op Vrydagaand 4 November wees.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES:  Die Vrouediens (Getuienis) en die KIX kindertjies is besig om handgemaakte kerskaartjies te maak vir gevangenes in Hawequa gevangenis wat dit dan weer oor die Kerstyd vir hulle geliefdes kan stuur.  Ons wil graag 500 kaartjies vir hulle gee. Posseëls kos tans R2.40 elk. Indien u dalk kan help om ‘n posseël of meer te skenk, of dalk ‘n geldjie wil gee om die uitgawes te help dra, sal ons dit baie waardeer.  Kontak:  Kerkkantoor of Lounette van Niekerk, Bainsvallei 15, Tel nr. 082 774 9039 / 021 864 3175.

 

DEPRESSIE EN ANGSONDERSTEUNINGSGROEP:  Vlg byeenkoms is 26 OktoberTyd 19:15.  Plek Marthasaal.  Spreker Jeanne Elsbekende joernalis en skrywer. Onderwerp “Jy kan kreatief leef saam met depressie ~ daar is lig en hoop!  Jeanne gaan haar boeke saambring wat teen ‘n verminderde prys verkoop sal word!  Dis ‘n ideale geskenk vir Kersfees vir ‘n geliefde wat probleme met depressie het of om jouself  te bederf.  Bring ‘n koffiebeker saam en dan kuier ons lekker!!

 

GEREEDSKAP VIR SENDELING IN ZAMBIë:  Roani Visser vertrek Maandag na Zambië.  Haar gereedskap is gesteel in Tecomastr 7.  Sy benodig ‘n boor, tang, draadknipper, spanners, skroewedraaiers, spykers en moere of ‘n donasie.  Skakel Estelle Breedt 082 581 7041 / 021 864 3528 of ds NJ.

 

ARBEIDSBEDIENING:  Arbeidsbediening word in die Wes-Kaap, Suid-Kaap en ‘n deel van die Noord-Wes Kaap onderneem, vanaf die Kaapse Metropool tot by Springbok aan die Wes-kus oor Beaufort-Wes tot by Plettenbergbaai aan die Suid-Kus. Reeds sedert die 1880’s bedien aangestelde geestelike werkers en vrywilligers in plaaslike aksies die werkplek met die Evangelie van Christus die Here. Deur middel van verskillende soorte samekomste, toerustingsgeleenthede, persoonlike besoeke, maatskaplike hulpverlening en toepaslike geestelike literatuur, word werkende Christene ondersteun om geloofsgetrou te werk. Arbeidsbediening se aksies bereik jaarliks meer as 400 000 werkende mense binne die handel en nywerheid.

In die Nuus