Deur : Skriba / September 11th, 2011
WEBWERF: Kyk gerus by www.wellingtonoos.co.za wat in die gemeente gebeur.
GOD SE WIL VIR WELLINGTON-OOS: Ons wil saam luister na wat God se wil is vir ons gemeente. Die teks wat ons gebruik is Luk 10:1-11. Lees dit gerus en dink daaroor na.
MEDIESE HULPFONDSE: Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel. Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.
BASAAR: U ouderling sal u besoek met ‘n lys vir ‘n kontantbydrae en ‘n lys vir produkte vir die tafels. Kom ons help mekaar om van 29 Oktober se basaar ‘n fees tot eer van die Here te maak.
GEMEENTEKONSERT: Mariëtte van Velden is die organiseerder. Skakel asb met haar (021 873 2967 / 079 881 6861) indien u ‘n item het om te lewer.
TREINWIELE: Dankie vir die skenking vir 2 wiele wat ons ontvang het. Nou het ons nog net een wa om te herstel.
KOEKSISTERS TE KOOP: Koeksisters is te koop by die kerkkantoor of Suzanne Fabricius (021 864 1122) @ R10-00 per pakkie. R5-00 van elke pakkie is ten bate van Barmhartigheid in die gemeente.
DUVETPROJEK: Aan almal wat gehelp het om vir kinders wat koud slaap, ‘n eie duvet te gee, duisend dankies! Ons getal vir vanjaar staan op 254 en ons groottotaal op 1 099. Die projek is deurlopend en u ondersteuning dmv “inners”, lap of geld is altyd welkom. Vir navrae skakel asb die kerkkantoor.
CV’S: Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.
WERKGEWERS: Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.
MA’S VIR WELLINGTON 40 DAE VAN GEBED: Alle Wellingtonners word genooi om vanaf 14 Augustus saam te bid vir ons dorp. Skakel die kerkkantoor vir meer besonderhede en elke dag se gebedsonderwerp.
ROLSTOEL: Iemand in die ouetehuis wat beide haar bene verloor het, benodig ‘n batteryaangedrewe rolstoel. Om dit moontlik te maak, het sy 270kg plastiese goedjies waarmee broodsakkies toegebind word, nodig. Kom ons wend nog steeds ‘n spesiale poging aan om dit vir haar te help insamel. U kan dit by die kerkkantoor inhandig.
PORTERVILLE CHRISTUSFEES: Vanaf 7 – 9 Oktober 2011. Skakel die kerkkantoor vir meer inligting.
KINDERKERK: Groot opgewondenheid heers in die KINDERKERK vandag…….. Gr 1- 3 kamp: Uitnodigings word vandag uitgedeel. Maak seker u kind lewer syne/hare af. Let op die sluitingsdatum en bespreek vroegtydig. Moenie eers wag om te kyk wat die weer gaan maak nie – ons is SURVIVORS! Enige navrae: Adell Erasmus 082 925 7190 / adellerasmus@gmail.com
KIX, TEKKIES & CHOMPS: Hou afsluiting vir die kwartaal op Woensdag 14 September. Dankie vir al die op en af ryery. Ons groepies groei weekliks. Ons begin al dink aan ‘n Oos-Midweek-bediening-vervoerstelsel!
KEN EN VERSTAAN JOU 2- TOT 9-JARIGE KIND: Datum: 15 Oktober 2011. Plek: Hugenote Laerskool. Kostes beloop R350 per persoon (sluit notas, verversings en ligte middagete in). Let wel voertaal is Afrikaans. Vir navrae, skakel asb die kerkkantoor.
ARBEIDSBEDIENING WELLINGTON SAKEONTBYT: Wit en Swart? Jurianne Schreuder boer van Hopefield en spreker by Mighty Men Konferensies. Koste is R50 per persoon (ontbyt ingesluit). Woensdag, 28 September 2011 om 06:30 NG Noord Kerksaal. Vir kaartjies en meer inligting kontak Johan Crous (021 873 7024 / 072 289 0842) of NG Wellington-Noord kerkkantoor.
Sertifikaat van lidmaatskap met kerkraadtoestemming:
Henk Franken & Emmerentia Stevens (nou Franken) met kinders Henry en Bianca – Onder Berg-en-Dal
Johann Julius Müller & Linda Adlem (nou Müller) met kinders Righardt en Nikola – Krommerivier
Hendrina Jacoba de Flamingh (nou van Schalkwyk) – Spruitrivier